Ses dood na bier, kos vergiftig is

Deel op

kook‘n Swart man is dood en vyf ander is in ‘n kritieke toestand op Ngwavuma in die noorde van KwaZulu-Natal nadat hulle na bewering tuisgemaakte bier gedrink het.

‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê ses mense is na die Mosvold-hospitaal gehaas nadat hulle siek geword het.

Die man is dood kort na sy aankoms by die hospitaal.

Die polisie ondersoek ‘n ander voorval na die dood van vyf swart familielede wat na op ‘n plaas naby Bothaville in die Vrystaat.

Die vermoede bestaan dat hulle vergiftig is. Twee kinders is in die hospitaal opgeneem.

Die polisie het op die liggame van ‘n man en vrou, twee kinders en die vrou se suster afgekom, nadat die bure hulle in kennis gestel het.

‘n Woordvoerder, Stephen Thakeng sê hulle het gif in die kospotte gevind.

Thakeng sê die man en vrou het na bewering rusie gemaak oor ‘n verhouding met sy vrou se 16-jarige suster.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.