Thailand se politieke krisis bereik breekpunt

Deel op

thaiprotestThailand se politieke krisis het breekpunt bereik.

Dit het begin met protes verlede maand teen ‘n voorgestelde algemene amnestie wat die voormalige eerste minister Thaksin Shinawatra sou kwytskeld.

Shinawatra is deur ‘n militêre staatsgreep in 2006 verwyder en later aan korrupsie skuldig bevind.

Die regering, gelei deur die huidige eerste minister, Yingluck Shinawatra, Thaksin se suster, het sy man gestaan ​​en die tyd loop uit vir die betogers.

Die betoging het stoom begin verloor met Koning Bhumibol Adulyadej se 86ste verjaardag wat op 5 Desember gevier word.

Die Thailandse polisie sê hulle sal nie in die pad staan van betogers wat die eerste minister se kantoor en die polisie se hoofkwartier wil oorneem nie.

Dit is die fokuspunt van betogers wat die regering van die eerste minister, Yingluck Shinawatra omver wil werp.

Die regering sê hulle doen alles moontlik om geweld en konfrontasie te vermy. Die polisie het onderneem om nie teenstand te bied nie en die versperrings om die gebou is ook verwyder.

Die betogers wil beheer oor die regeringsgebou oor te neem, gewapen met traangas en rubberkoeëls.

Thaise finansiële markte het skerp gedaal sedert die betogings meer as ‘n maand gelede begin het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.