Aardskudding tref Gauteng, Limpopo, Mpumalanga

Deel op
Johannesburg
Johannesburg

Die aardskudding wat dele van Gauteng gisteraand getref het, is volgens berigte ook in dele van Hartbeespoort, Johannesburg, Limpopo en Mpumalanga gevoel.

Twitter-gebruikers van Pretoria tot Randburg het gisteraand gegons dat hulle mure en vloere vir vyf tot sewe sekondes geskud het.

Volgens berigte is geen skade aangemeld nie.

Verlede maand het ‘n aardskudding van vier op die Richterskaal dele van Johannesburg geruk. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.