Barclays byt spit af teen Capitec, Standard

Deel op

barclaysDie Britse bank Barclays het erken dat hy duisende Suid-Afrikaanse kliënte aan Capitec bank en Standardbank afgestaan het.

Barclays is die derde grootste bank in Brittanje. Hulle het vroeër vanjaar duisende poste vakant gemaak ter besparing in die VK.

‘n Woordvoerder, Craig Bond, sê Barclays beplan om R1,2 miljard rand te bestee aan opknappings by sy takke in Suid-Afrika.

Die bank, wat in Suid-Afrika as Absa bekendstaan, probeer om weer lae-inkomste kliënte terug te wen wat na Capitec oorgeloop het, asook kliënte wat hulle rekeninge na Standardbank oorgeplaas het. – RSG/praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.