Blouligjaer hoor vandag sy straf

Deel op
Thomas Ferreira
Thomas Ferreira

Die bloulig-bestuurder wat Thomas Ferreira in November 2011 ernstig beseer het, sal vandag in die Krugersdorpse landdroshof sy straf aanhoor.

Joseph Motsamai Semitjie het Ferreira van sy motorfiets gestamp in ‘n wilde jaagtog.

Hy staan tereg op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes op ’n ongelukstoneel te verleen nadat hy self die motorfietsryer se beserings veroorsaak het.

Semitjie het die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, destyds Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, bestuur toe hy deur ʼn rooi verkeerslig gejaag het en Thomas byna noodlottig getref het.

Semitjie beweer hy moes Mmemezi na ʼn vergadering haas en dat hy opdrag gekry het om blou ligte te gebruik.

Ferreira het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en blywende skade.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.