Thabazimbi-babamoordenaar en ‘n eweknie op Levubu gevang

Deel op

moordOor die naweek is dringende soektogte na twee swart geweldenaars deur die polisie geloods en albei is aangekeer. April Thabo Senkaka, 37, het sy 22-jarige vriendin en haar een jaar oue baba in Regorogile-uitbreiding, ‘n lokasie by Thabazimbi, lewendig in hul kaia verbrand ná hy hulle onder die klippe gesteek het.

Senkaka het Maandag in die landdroshof op Thabazimbi op twee aanklagte van moord en brandstigting verskyn en hy word tans aangehou. Sy saak is tot 12 Desemer 2013 uitgestel om hom in staat te stel om om regshulp aansoek te doen.

In ‘n ander, nie-verwante voorval, het Hulisani Makhaga, 20, op Ha-Mashau naby Levubu insgelyks tydens ‘n rusie met sy 19-jarige vriendin haar en haar ma doodgeskiet. Toe Makhaga se vriendin hom afsê, het hy ‘n vuurwapen uit sy oupa se motor gesteel en haar summier doodgeskiet. Met dié dat haar ma op die toneel verskyn om te kyk wat aangaan, het hy haar ook met skote neergevel en weggevlug alvorens hy deur die polisie aangekeer is.

Makhaga het Maandag in die Levubu-landdroshof verskyn en sy saak is tot 7 Januarie 2014 uitgestel terwyl die polisie verdere ondersoek instel. Hy verkeer tans in aanhouding op twee aanklagte van moord, asook die diefstal van ‘n vuurwapen. Sy oupa, 68, is insgelyks onder die Vuurwapenbeheerwet van die nalatige hantering van ‘n vuurwapen aangekla.

Senkaka se dubbele moord op sy vriendin en haar baba is blykbaar ontketen toe sy geweier het om hom Sondagoggend te sien. Toe het hy na bewering die deur oopgebreek en haar met klippe gegooi, waarna sy haar bewussyn verloor het. Met die ma en een jaar oue baba nog binne die kaia, het hy dit aan die brand gesteek sodat albei lewendig deur die vuur verteer is.

Albei hierdie voorvalle het plaasgevind tydens die sogenaamde “16 dae van aktivisme teen geweld op vroue en kinders”, iets wat die provinsiale kommissaris van polisie, Fannie, Masemola, genoop het om te verklaar: “Dis betreurenswaardig dat sulke gruwelike voorvale plaasvind terwyl ons die 16 dae van aktivisme teen geweld op vroue en kinders met inbegrip van gestremdes, vier. Dit is ook betreurenswaardig dat dié twee daders ons hele provinsie in die oë van wetsgehoorsame burrgers in die skande steek.”

Sy het ook haar meegevoel met die familie en vriende van die slagoffers uitgespreek. – praag, met behulp van polisieverklarings en ander berigte

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.