Oud-Jeugliga-adjunk slaan vuis oor posisie

Deel op
Lamola
Lamola

‘n Voormalige ampsdraer van die ANC-jeugliga, Ronald Lamola, het glo die naweek handgemeen geraak, het The Star Dinsdag berig.

Lamola het in Julius Malema se ampstermyn as die organisasie se adjunkpresident gedien.

Die vuisslanery het begin toe die adjunkvoorsitter van die Ehlanzeni-streek, Nathaniel Mashile, beweer het Lamola en Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, ontmoet in die geheim om ‘n sameswering te beplan.

Hy het die twee beskuldig dat hulle Mpumalanga se premier, David Mabuza, uit sy pos wil verwyder.

Lamola sê Mashile hom glo met ’n bottel gegooi het en hy homself moes verdedig. As hy nie terugbaklei het nie, sou sy aanvaller hom erg beseer het, het Lamola gesê.

Mashile het die aantygings ontken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.