E-tol en brandstofskok

Deel op

joburgverkeerJohannesburgse motoriste moes Dinsdagoggend tolgeld betaal.

Die koste ‘n dubbele slag vir Gautengers wat Dinsdagaand om middernag nog duurder vir brandstof sal betaal.

‘n Poging deur die VF+ om e-tol te keer is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

Die e-tolstelsel het om middernag in Gauteng in werking getree.

Die Bondgenootskap teen stedelike tol, Outa, het motoriste aangeraai om nie e-tolskyfies te koop nie.

Daar is geen wet wat motoriste verplig om die skyfies aan te skaf of by Sanral te registreer nie.

Verkeer by die Malibongwe-afrit normaal, asook in Beyers Naudé-rylaan. Verder noord is geen oponthoud gerapporteer nie.

Cosatu en die DA het vroeër gesê hulle sal Dinsdag planne bekendmaak oor verdere optrede teen die e-tolstelsel.

Kerkleiers het miljoene lidmate aangemoedig om nie e-skyfies te koop nie. In ’n verklaring deur ondermeer biskop Paul Verryn van die Metodistekerk, dr. Jerry Pillay, president van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke, en biskop Jo Seoka, president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, het hulle die e-tolstelsel veroordeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.