Selfs ‘n skietgebedjie help vir selfbeheersing

Deel op

gebedDie jongste studie deur die Duitse sielkundiges by Saarland Universiteit en die Universiteit van Mannheim, het bevind dat gebed mense help met selfbeheersing.

‘n Skietgebedjie kan die selfbeheersingsuitputtingseffek omkeer, het die span bevind. Die bevindinge is in die Journal of Experimental Social Psycology aanlyn gepubliseer.

“Hierdie resultate is in ooreenstemming met en dra by tot ‘n groeiende liggaam van bevindinge wat getuig van die positiewe effekte van gebed op selfbeheersing.”

Gebed is reeds in die verlede gekoppel aan laer vlakke van ontrouheid en alkoholverbruik.

Die Duitse skrywers het 79 mense, waarvan 41 is Christene is, 14 ateïste, 10 agnostici en 14 van ander godsdienste, gevra om deel te neem.

Deelnemers was elkeen alleen gelaat vir vyf minute en gevra om óf te bid of vrylik oor een ding so intens as moontlik te dink.

Volgende het hulle almal gekyk na grappige filmuittreksels met die helfte wat normaalweg reageer het en die ander helfte probeer het om hul emosies te onderdruk en hulle gesigsreaksies te beheer.

Ten slotte, het hulle aan Strooptoetse deelgeneem waar woorde kleure beskryf maar verskyn in verskillende kleure ink, soos die woord blou geskryf in rooi ink.

Vorige bevindings het getoon dat wanneer mense hard probeer om hul emosies en gedagtes te beheer, hulle die risiko van aggressiewe uitbarstings en ​​drankmisbruik of ooreet verhoog.

Deelnemers moes reageer op die inkkleur, nie die geskrewe woord nie, wat selfbeheersing vra.

Diegene wat vrylik in die eerste deel van die toets gedink het en toe probeer het om hul emosies tydens die filmstrokies te onderdruk het gesukkel met die Strooptaak.

Maar dit was nie die geval vir die deelnemers wat aan die begin van die studie gebid het nie.

Hulle het hoë vlakke van selfbeheersing tot aan die einde getoon.

Die skrywers het ook bevind dat diegene wat die eers gebid het net so hard probeer het om emosies tydens die filmstrokies te onderdruk, maar het nie uitgeput geraak daarvan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.