Krieket Suid-Afrika skort re?lings met Zimbabwiese Krieketunie op

Deel op
ImageNorman Arendse het gister aangekondig dat Krieket Suid-Afrika hulle plaaslike ooreenkomste met die Zimbabwiese Krieketunie gaan opskort.
Deel op

Krieket Suid-Afrika het teen die internasionale isolasie van Zimbabwe geveg, maar sê nou dat die verslegtende situasie in Zimbabwe hulle noop om hulle posisie te heroorweeg.

Arendse sê hulle sal nietemin aanhou om hulle neer te lê by die Internasionale Krieketraad se toekomstige toerprogram wat Zimbabwe betref, omdat hulle as 'n volle lid van die Raad verplig is daartoe.

Suid Afrika se volgende reeks met Zimbabwe is geskeduleer vir September 2010, in Suid-Afrika.

детский самокатпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.