Taxi-ongeluk op N12 eis 12

Deel op

taxiongelukDrie swart kinders is onder die 12 mense wat gisteraand op die N12 buite Klerksdorp in Noordwes in ‘n taxi-ongeluk omgekom het.

Volgens die polisie is al drie die kinders jonger as 12 jaar. Opruimingswerk was deur die nag aan die gang.

Die ongeluk het gebeur toe twee minibus-taxi’s reg van voor af teen mekaar gebots het.

olgens die polisie het een van die taxi’s ‘n vragmotor verbygesteek en tromp-op teen ‘n ander taxi gebots. Die bestuurder van die tweede taxi was alleen in die voertuig.

Hy is op die toneel dood. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.