Brandstofpryse op voor vakansie

Deel op

petrolprysVakansiegangers sal meer moet opdok vir brandstof hierdie skoolvakansie as die prys sal Woensdag met 17c per liter styg.

Die prys van diesel sal met 10c per liter styg, gas met 18c per kilogram en paraffien sal met 22c per liter duurder wees.

Na drie maande se dalings is die prys van 95-oktaan-petrol aan die kus weer op na R12,82 en in die binneland na R13,19.

Verbruikersgoedere sal ook duurder word omdat produkte per pad vervoer word, wat die druk op die inflasiekoers sal laat toeneem.

Van Woensdag sal die brandstofprysformule ook aangepas word, met kleinhandelaars (vulstasies) se winsmarge wat ten koste van groothandelaars (oliemaatskappye) sal toeneem.

Vulstasies verdien tans R1,04 per liter aan marge en oliemaatskappye 58c per liter. Van Woensdag sal vulstasies R1,39 inoes en oliemaatskappye net 31c.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.