Die Britse bo-lip bewe

Deel op

happypillsDie Britte se vermaarde stywe bo-lip het effens begin bewe.

NUUT!

Brittanje verbruik meer anti-depressante as byna al hulle bure in Europa, het ‘n internasionale studie het bevind.

Die Verenigde Koninkryk het die sewende hoogste voorskryfkoers vir medikasie soos Prozac in die Westerse wêreld, met 71 daaglikse dosisse per dag vir elke 1000 inwoners in 2011.

Dit is byna dubbel die 38 voorskrifdosisse per dag as ‘n dekade vroeër, volgens die studie deur die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling, wat die wêreld se geïndustrialiseerde lande verteenwoordig.

Die oplewing het gelei tot kommer onder sommige dokters dat antidepressante in Brittanje te maklik voorgeskryf word.

Die rede vir die oormatige gebruik van “geluk in ‘n botteltjie” word toegeskryf aan moeilike ekonomiese omstandighede en hoë werkloosheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.