Koste van privaatsorg moet verlaag word sê minister

Deel op

gesondheidDie regering wil hê die koste van privaat-gesondheidsorg moet verlaag word om by te dra tot die sukses van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering.

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê die privaat-gesondheidsorgbedryf is gekant teen verandering en wil hê mense moet glo gesondheidsorg is duur.

Motsoaledi sê gesondheidsorg moet bekostigbaar wees. Hy sê die gehalte moet konsekwent hoog wees, en evalueringstelsels word ontwikkel om te verseker die NGV bereik dié ideaal.

‘n Loodsprojek van die NVG is verlede jaar in die Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat van stapel gestuur en die stelsel sal oor die volgende 14 jaar ingefaseer word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.