Tutu: Gebrek aan vergoeding deur WVK, ernstige fout

Deel op

tutu_desmondOnvermoë van die Waarheid-en-Versoeningskommissie om reparasie aan die slagoffers van apartheid te verseker, is een van die liggaam se mees “ernstige” foute, sê Desmond Tutu.

By ‘n seremonie wat deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening gehou is dié week, het die emeritus-aartsbiskop uitgevaar teen die gebrek aan vergoeding vir slagoffers.

Sy kommentaar val saam met die Khulumani Support Group se opmars na die Parlement. Die Groep is deur die sogenaamde slagoffers van apartheid menseregteskendings opgerig.

In ‘n twiet opgelaai deur @TutuLegacy , het Tutu gesê: “Een van die mees ernstige [ foute ] was dat ons amnestie kon verleen, maar slegs reparasie kon aanbeveel [en nie afdwing nie].”

Tutu se woordvoerder, Roger Friedman, het gesê die WVK het nie die mag om wette te maak gehad nie en daar was geen wette wat die betaling van vergoeding verpligtend gemaak het nie.

Voormalige WVK kommissaris Dumisa Ntsebeza het ook gesê dat dit die WVK se “fundamentele fout” was om nie mense te vergoed nie.

“Vir geregtigheid om te geskied, sou ons moes konsentreer op die gaping tussen die rykes en die armes.”

”In hierdie verband het ons aanbeveel dat ‘n belasting op rykes ingestel word en gesê dat 1% van die wins van alle maatskappye wat op die JSE genoteer is moet in die President se Fonds gestort word.”

“Kan jy jou indink hoe ver die geld sou gegaan het om te help met die opvoeding, ontwikkeling en opheffing?” het hy gevra.

Khulumani se nasionale direkteur Marjorie Jobson het gesê: “Die WVK se grootste probleem was sy fokus op amnestie en akkomodering van diegene wat polities gemotiveerde misdade gepleeg het.

“In die einde, dit het gelei tot ‘n bruto wanbalans in die WVK se uitkomste.” Sy het gesê daar was nie “maatskaplike regverdigheid” nagestreef nie.

Jobson gesê: “Daar is die slagoffers wie se lewens nou erger is as toe hulle onder apartheid geleef het.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.