EU plaas invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus

Deel op

citrus‘n Invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus is deur die Europese Unie ingestel. Die verbod volg nadat 36 sitrusbesendings uit Suid-Afrika onderskep is.

Die EU het ‘n invoerverbod geplaas op die meeste sitrusprodukte wat in Suid-Afrika geproduseer word.

Die rede wat die EU aanvoer is dat ‘n swamsiekte, Swartvlek of Swartkolsiekte, in van die besendings gevind is.

‘n Ingeligte anonieme bron het gesê die EU-handelshoof Karel De Gucht het reeds aan Suid-Afrikaanse amptenare tydens ‘n besoek aan Johannesburg gesê dat die besmette besendings “ernstig en problematies” is, en dat dit aangespreek moet word.

Suid-Afrika voer jaarliks ongeveer 600,000 ton sitrus vrugte uit na die EU – veral lemoene, suurlemoene, lemmetjies en nartjies – ter waarde van sowat €1000.000.000. Dit is die belangrikste bron van lemoensap wat verbruikers in Brittanje, Duitsland en Frankryk tydens die Europese somermaande nuttig.

Die dispuut kom op ‘n sensitiewe tyd. Die Europese Unie wil Suid-Afrika se ondersteuning verkry om handelsooreenkomste met die sub-Saharastreek te ontsluit .

Tydens die onderhandelinge in Suid-Afrika hierdie week het die EU-amptenare aangebied om die terme van ‘n bilaterale vryhandelsooreenkoms wat dateer uit 1999 aan te pas, om vir die eerste keer aan Suid-Afrikaanse suikerboere tariefvrye toegang na Europa toe te staan.

Die sitrusverbod is grootliks simbolies, want dit is net van toepassing op vanjaar se Suid-Afrikaanse sitrusoes  wat in Oktober geëindig het, wat beteken dat die EU-invoere reeds gestop het.

Die blok se studies toon die siekte wel ‘n risiko inhou as dit posvat in Europa se beraamde 500,000 hektaar sitrusboorde.

Die verbod is ingestel op die grootste produserende gebiede in Suid-Afrika en alhoewel dit slegs op die huidige oesseisoen van toepassing is, het amptenare van die EU egter gewaarsku dat die beperkings verleng mag word tot die volgende seisoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.