Onderwysers gevang wat armes se kos steel

Deel op
kosskema
Skolevoedselprogram vir armes

Ses onderwysers van ‘n skool in Sakhile naby Standerton is in hegtrenis geneem nadat hulle na bewering kos gesteel het wat vir arm en honger kinders bedoel was.

Die polisie in Mpumalanga sê die leerkragte word aangehou. Kolonel Leonard Hlathi sê die polisie het die kruideniersware vir die skool se skolevoedselprogram in die onderwysers se motors gevind.

Geen skoolfooie word by die skool gehef nie omdat die meeste van die ouers werkloos is. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.