Zimbabwiërs vas vir moord na wenk van oom

Deel op

joburg3Twee broers van Zimbabwiese en ’n derde verdagte is in verband met ’n moord en rooftog in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem.

Die twee is Donderdag op die hoek van Leyds- en Twiststraat gevang nadat hulle oom die polisie in kennis gestel het dat hulle ’n moord gepleeg het, het ao. Xoli Mbele gesê.

Hulle het die polisie na ’n medepligtige gelei, wat ook gevang is.

“Die twee het geld by die oom gaan vra om na Zimbabwe te vlug, omdat hulle iemand doodgemaak het.”

Vier verdagtes het Maandag ’n 30-jarige man op die hoek van Claim- en De Villiersstraat beroof en met ’n mes gesteek.

“Paramedici het hom op die toneel dood verklaar,” volgens Mbele.

Die rowers het met die slagoffer se selfoon en R40 gevlug.

Mbele het gesê die drie mans wat vasgetrek is, sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.