Generaal-majoor Jooste sê nog hulpbronne sal renoster red

Deel op
Generaal-majoor Jooste
Generaal-majoor Jooste

Die hoof van die teen-stropingseenheid in die wildtuin, generaal-majoor Johan Jooste sê om die stryd teen renosterstropery te wen, sal ‘n nuwe plan verg.

Jooste sê die strategie sal verander moet word om die bedreigde diere te red.

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele Sentrum, gekoördineer deur die Direktoraat van Prioriteitsmisdaadondersoeke, het renosterstropery onlangs op sy prioriteitslys geplaas.

Die minister van Omgewingsake, Edna Molewa het vroeër gesê die Kabinet het die behoefte aan meer tegnologie beklemtoon, veral die ontplooiing van onbemande tuie.

Die anti-stropereenheid word tans hoofsaaklik vir SANParke deur elemente van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die polisie , doeane en aksynsinspekteurs van SA Inkomstediens en ‘n aantal buitelandse nie-regeringsorganisasies beman.

SANParke het hoë-tegnologietoerusting soos die nagvisieverkyker vir gebruik deur veldwagters in anti- stropery bedrywighede ontvang.

Die SA Lugmag neem ook deel waar hulpbronne dit toelaat en ‘n paar BK-117’s van 15 Eskader C Flight in Kruger help met toesig vanuit die lug .

‘n Suid-Afrikaanse privaatsektor verdedigingsbedryfkonglomeraat, die Paramount Group, is glo eweneens daartoe verbind om die renoster te red. Hulle het ‘n Seabird Aviation Seeker vir waarneming beskikbaar gestel via die Ichikowitz Family Foundation.

Die bykomende oog in die lug is ‘n hupstoot vir Kruger se eie vloot van helikopters, ligte waarnemings- en vastevlerkvliegtuie.

SANParke het in 2012 ‘n baie meer militaristiese benadering tot die renosterprobleem aangekondig, en die afgetrede oud-weermaglid, generaal-majoor Johan Jooste is aangestel.

Terselfdertyd het dr David Mabunda , uitvoerende hoof van SANParke gesê intelligensie-insameling, wat sowel as betrokkenheid van die gemeenskap vir spioenasie, sal ook verhoog word .

Jooste sê hulle doen alles in hulle vermoë om te verhoed dat die renoster-dodetal die 600 kerf vir 2013 verbysteek.

Tot dusver is 827 renosters vir hul horings uitgewis, waarvan ruim meer as die helfte, naamlik 527 in die Krugerwildtuin was.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad gaan dié week planne aankondig oor hoe om die stryd teen renosterstropery in die Nasionale Krugerwildtuin verder op te skerp.

Die woordvoerder van SANPARKE, Reynold Thakuli sê die nuwe plan is hoofsaaklik daarop gemik om stropers buite die wildtuin te hou en dit sal meer hulpbronne verg.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.