Poskantoor sal e-tol ‘met gemak’ hanteer

Deel op

posbodeDie Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy sal met gemak die rekeninge van die Gautengse e-tolstelsel kan hanteer.

Die hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se e-diens, Newyear Ntuli sê al ontvang die poskantoor een miljoen e-tol rekeninge ‘n dag sal die stelsel dit maklik kan hanteer.

Hy sê in die stadium hanteer die poskantoor gemiddeld 450.000 posstukke per maand wat met verkeersake verband hou.

‘n Rekening sal per pos aan motoriste gestuur word indien hulle e-tol rekening nie binne sewe dae betaal word nie. Die Gautengse e-tolstelsel tree Dinsdag in werking. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.