Brandstigting vermoed by Amatola Sun

Deel op

amatolasunDie polisie stel ondersoek in na ‘n brand by die Amatola Sun.

Oos-Kaapse departement van Openbare Werke sê die polisie sal die oorsake wat tot die brand in Bisho wat die hotel in puin gelê het, bekyk.

Dik rookwolke het Woensdagoggend oor die provinsiale hoofstad Bisho gehang, het die Dispatch berig.

Staatsamptenare en politici moes die rook trotseer in die voormalige Ciskei.

Die bevelvoerder van Buffalo City Metro se brandweerafdeling Ohlson Abdul, wat op die toneel was, het gesê meer as 15 brandbestryders van Oos-Londen , King William’s Town, Mdantsane en Dimbaza is na die toneel gehaas oomblikke nadat ‘n brandwaarskuwing net na 07:00 ontvang is.

Vyf voertuie van brandbestryding met brandbestryders het gesukkel om die vlamme te blus, want daar was geen water op die perseel nie en die voertuie dra geen water nie.

Brandbestryders moes water vanaf ‘n nabygeleë munisipale kantoor in Bisho en King William ‘s Town karwei na die toneel .

Dit is een van die redes waarom die span nie dele van die gebou se noordvleuel kon red nie, volgens Abdul.

Abdul sê brandstigting word vermoed “omdat twee verskillende punte op die grondvloer, meters uitmekaar” ontdek is.

Die Amatola Sun Hotel en Casino gebou wat die afgelope paar jaar leegstaan, was eens in besit van die Southern Sun hotelgroep .

Dit was voor die Departement van Openbare Werke die perseel oorgeneem het in 2003.

Die Oos-Kaapse regering het miljoene rand bestee aan ‘n veiligheidsmaatskappy wat na die hotel omgesien het.

Die regering R5.8miljoen betaal in 2011-12 en R6.3miljoen in die 2012-13 finansiële jaar vir veiligheid.

Abdul het gesê, nadat sy span hul diagnostiese assessering afgehandel en ‘n verslag opgestel het, sal hulle die inligting verskaf aan die polisie se ondersoekbeamptes.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.