Water in Gautreintonnels, krag sukkel in Johannesburg

Deel op

gautraintunnelInsypeling van water in die treintonnel skep probleme vir die Gautrein.

Die Bombela konsessie-maatskappy het opdrag ontvang van ‘n tribunaal van drie afgetrede regters wat deur die Arbitrasie-stigting aangestel is om dele van die Gautrein-tonnel in Johannesburg te herstel.

‘n Woordvoerder van die Gautrein, Barbara Jensen, sê die waterprobleem raak die tonnelgedeelte tussen Johannesburg Parkstasie en Rosebankstasie en die gedeelte na Marlboro.

Jensen sê Bombela sal planne om die lekkasie te herstel aan die Gautreinbestuur voorlê.

Intussen is die kragtoevoer na talle voorstede in Johannesburg is herstel nadat ‘n elektriese storm tot grootskaalse kragonderbrekings gelei het.

Mayfair, Mellville, Westdene, Rooseveldpark, Auckland Park en Newlands was ure lank sonder krag.

City Power sê tegnici het teen nege-uur gisteraand met herstelwerk begin. Vroeër dié maand is die kragtoevoer weens probleme by substasies ondervind in dieselfde gebied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.