Veiligheid opgeskerp vir Malema se verskyning

Deel op
Die EFF-slagritueel
Die EFF-slagritueel

Die polisie het veiligheidsmaatreëls in en om Polokwane in Limpopo opgeskerp nadat duisende ondersteuners van die EFF begin saamdrom het voor die hofverskyning van Julius Malema.

EFF-lede het ‘n nagwaak vóór Malema se hofverskyning aangekondig. Malema sê die klagtes teen hom is polities gemotiveerd.

Malema sal Donderdagoggend hoor of aanklagte van bedrog, geldwassery en afpersing teen hom teruggetrek is, of voortgaan.

‘n Groot polisieteenwoordigheid is opgemerk en polisielede patrolleer sedert Woensdagnag die strate van Polokwane en Seshego, Malema se tuisdorp.

Die leier van die EFF sal in die rondgaande hof verskyn.

Die klagtes teen Malema hou verband met ‘n kontrak van R52 miljoen wat die Limpopo departement van paaie en vervoer aan On-Point Engineering toegeken het.

Sy regspan voer aan dat die staat misluk het om hom met die beweerde misdrywe te verbind.

Indien die hof Donderdag beslis dat die saak teen Malema voortgaan, sal hy volgende jaar saam met ‘n medebeskuldigde verhoor word.

Sy ondersteuners sê dat hulle ongeag die staat se besluit, die EFF-leier sal steun.

Hulle het deur die nag ANC T-hemde met President Jacob Zuma se gesig daarop verbrand en uittartend teen president Zuma gedreunsing by die Jack Botes gemeenskapsaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.