Grondwetlike moontlikhede vir selfbeskikking

Dr Christo Landman
Dr Christo Landman

Deur Dr Christo Landman

Indien die grondwetlike reg op selfbeskikking nie noodwendig in onbruik sal verval nie, sal politieke partye wat dit voorstaan en ook organe van die burgerlike samelewing ‘n nasionale beweging moet word om pluralisme, as alternatief vir sosialisme en liberalisme aan te bied. So ‘n politieke offensief vra leierskap en sal nuwe hoop vir tradisionele en ander kultuurgemeenskappe gee.

So het dr. Christo Landman verklaar, tydens die jaarvergadering van die Unrepresented Peoples Organisation (UNPO), op 21 November 2013, gehou in die Volksraadsaal van die Parlement.

Insgelyks sal die President gevra moet word om ingrypende veranderinge aan die bestuur en werkswyse van die Kommissie vir Gemeenskapsregte (a.185) aan te bring. Die Kommissie is ‘n belangrike grondwetlike meganisme vir die bevordering en die beskerming van gemeenskapsregte.

Daar is ‘n gaping tussen die geskrewe grondwetlike teks en die uitvoering daarvan. Daar is ook ‘n ongelyke behandeling tussen die reg van swart tradisionele gemeenskappe teenoor die reg van ander kultuurgemeenskappe.

Nommer XII van die grondwetlike beginsels van ooreenkoms tussen die politieke onderhandelingspartye, wat aanleiding tot die 1993- en ’96-grondwette gegee het, lees dat kollektiewe regte in sake selfbeskikking erken en beskerm sal moet word.

Selfbeskikking in die RSA Grondwet (1996) het betrekking op die reg van gemeenskappe. ‘n Gemeenskap word met taal, kultuur, godsdiens en ook met territoriale selfbeskikking in verband gebring.

In terme van artikel 211 en 212 geniet swart tradisionele gemeenskappe reeds voor 1993 territoriale selfbeskikking. Sulke gemeenskappe op hulle gemeenskapsgronde, wat kollektief besit word, se magte en funksies word in die voorgestelde Traditional Leadership-konsepwet tot die plaaslike regeringsvlak beperk. Desondanks kry tien konings en sowat 5411 kapteins en hoofmanne jaarliks sowat R650 miljoen vir ongekwalifiseerde dienste. Die parlementere konsep-wet op Tradisionele Leierskap 2013, wat tans onder oorweging is, is vaag oor die funksies van tradisionele ampsdraers. Dr. Landman waarsku tradisionele leiers dat terwyl hulle groot salarisse as vorm van omkoop kry, die funksies van tradisionele gemeenskappe progressief mee weggedoen word. Uiteindelik het kapteins net in naam ‘n bestaan.

In geval van die reg van kultuurgemeenskappe op selfbeskikking binne ‘n gebied of gebiede, swyg die ANC en regering soos die graf. Daar is sedert 1996 niks gedoen om inhoud te gee aan die bepaling in artikel 235 dat ‘n nasionale wet sodanige selfbeskikkingsvorme omskryf nie. Derhalwe, het dr. Landman verklaar, neem die Nasionale Burgerregte-raad nou die inisiatief om bevoegde regsgeleerdes te taak om ‘n konsep-dokument oor artikel 235 te formuleer.

Selfbeskikking as beginsel, met die inhoud van interne outonomie of selfstandigheid, word grondwetlik gedefinieer as die reg van persone in vrye assosiasie, om beslag te gee aan een of meer aspekte in verskillende kombinasies in die Handves van Regte en om verskillende vorme van selfbeskikking in eie gebiede met die owerheid te beding en in wetgewing vasgelê te kry.

Die grondwet bevat reeds die volgende vorme of modelle van selfbeskikking:

Die reg van persone om saam met ander persone, kultuur-, godsdiens- en taalvereniginge en ander organe van die burgerlike gemeenskappe te vorm, in stand te hou en daarby te mag aansluit [a.31(1)(b)].

Die reg op die instelling of erkenning van ‘n kultuur- of ander Raad (Council) of Rade vir die bevordering en die beskerming van gemeenskapsregte [a.185(1)(c)].

Die reg op territoriale selfbeskikking op die plaaslike vlak, van ‘n tradisionele gemeenskap, ingevolge gewoontereg, onderhewig aan nasionale wetgewing [a.211 en 212].

Die reg op territoriaalgebaseerde en onderhandelde vorme van selfbeskikking vir ‘n tradisionele kultuurgemeenskap of gemeenskappe, ondergewig aan nasionale wetgewing [a.235].

Daar is egter sekere grondwetlike beletsels wat eksterne selfbeskikking, los van die RSA, onmoontlik maak. Dit sluit in: die feit dat die RSA “aan al sy mense” (voorwoord tot die Grondwet) behoort, die reg op bewegingsvryheid van die burgers, die feit van een burgerskap vir almal, en die onverdeelbaarheidsbepaling dat die RSA “een, soewereine demokratiese” staat is [a.1].

Daar is verskillende rolspelers in die waarmaking van selfbeskikking, waaronder:

‘n Goedgeorganiseerde burgerlike gemeenskap.

‘n Sterk parlementêre vennoot wat ‘n staatsvorm voorstaan wat ruimte vir individuele en groepsregte gee.

‘n Goed-funksionerende Kommissie vir Gemeenskapsregte [a.185] wat nie vir politieke gewin deur òf ‘n sosialistiese magstaat òf liberale demokratiese staat misbruik word nie.

Beide die Afrikaner en die Khoi/San-gemeenskappe is belangrike rolspelers om selfbeskikking op te eis.

Afrikaners is die politieke proses ingelei met ‘n geelwortel dat ‘n Volkstaatsraad [1993-grondwet] ondersoek sou instel na selfbeskikkingsvorme. Verder dat die Kommissie vir Gemeenskapsregte die funksies van die Volkstaatsraad sou oorneem. Die artikel in sake territoriale selfbeskikking [a.235] is ter wille van die Afrikaners in die 1996-grondwet ingesluit. Dan maak die 34 onderhandelende beginsels onderliggend aan die grondwette van 1993 en 1996 spesifiek hiervoor voorsiening.

Die Khoi- en die San-gemeenskappe voldoen aan die definisie van Eerste (inheemse) Mense in Suider-Afrika en kan aanspraak maak op die regte soos vervat in die Verenigde Nasies se deklarasie in sake inheemse gemeenskappe. Desondanks is hulle die vergete gemeenskappe in Suid-Afrika en elders op die sub-kontinent.

Dit is duidelik dat die ANC of die regering nie die inisiatief gaan neem om selfbeskikking vir die Afrikaners en vir die Khoi- en San-gemeenskappe te verseker nie en dat hierdie gemeenskappe dit self sal moet realiseer. De facto-waarmaking van selfbeskikkingsvorme is waarskynlik die noodsaaklike voortrap van de jure grondwetlik-erkende regte, het Landman verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Albert Speer

    The People’s Bank of China is reported by Bloomberg to have said that it will rein in dollar purchases as the country no longer benefits from increases in its foreign-currency holdings…What implications will this have? I believe that we’ll see the start of a U.S. dollar collapse.

  • Grobbie

    Ja asseblief!!! Hoe gouer ons weg van hierdie Afrika gemors kan kom hoe beter.

    • Matt Heyns

      Ons gaan nie weg kom van hierdie gemors nie. Ons kan egter binne die wette bly en in ons onderskeie kantonne saamstaan en doen wat kantonne soos Orania en Kleinfontein besig is om te doen.

  • Albert Speer

    Most of us in South Africa have a psychological block preventing us from facing the fact that the “democracy” we lived in is actually a thinly-disguised police state.

  • Riempies

    Dr. Christo –

    Vir julle manne wat met hierdie doelwit besig is –
    my opregte dank en en my heel beste wense vergesel julle.

    • Matt Heyns

      Ek glo nie hulle sal daarvan hou om “vergesel” te word nie.

      • Riempies

        Matt is dit jou verskoning dat jy voel hulle nie groot dank verdien nie?

        • Matt Heyns

          Riempies: Het jou nou weer iets uit die lug gegryp of het jy die lug gekry van iets bo-kant jou vuurmaak plek. Natuurlik het ek my lot saam met die NBR in gegooi en is ek bly die slap gatte het vir die eerste keer sedert 1996 wakker geskrik en besef die bal is in hulle baan. Of die Afrikaner meerderheid dit so sien is oop vir debat sonder cliches.

          • Riempies

            Ag ou Matt dankie vir die konsiderasie oor my ingeperkte vuurmaak plek, daar u juis deesdae so min empatie met ons dom ouens.

            Soos hulle – (dis nou die ouens wat nie gesoek vir “iemand anders” om iets te begin doen nie) het elkeen van ons dieselfde geleentheid gehad “om iets te begin doen” – soos jy my sal gelyk gee ek was te dom om iets te doen – maar wat is jou verskoning as n mensa lid? (Ek is ook n lid daar – maak hulle tee en vee die saal uit wanneer hulle klaar gekuier
            het)

  • Deon

    Mooi duidelik getel Dr Christo Landman. Kan u ‘n Selfbeskikkingsmanifes op stel wat voldoen aan hierdie vermelde juridiese elemente in die huidige grondwet sodat politieke partye en Organisasies uitgedaag kan word om te verklaar of hulle die grondwetlike selfbeskikkingsprogram vir ons Volk en andere ondersteun of nie. Dieselfde met Orania, Kleinfontein ensomeer. Daarna kan ‘n koalisie van Volksliggame die program bevorder en implimenteer sonder versuim.

    • Matt Heyns

      Die NBR is besig om die handves van interne selfbeskikking/kultuur regte en die konsep wetgewing op te stel in terme van die klousule vir selfbeskikking vervat in art 235. Kyk gerus ook artikels 211 en 212 as asook die wet op Tradisionele Gemeenskappe.

      • Josef Fourie

        Al daai artikels is nie eens die papier waarop dit geskryf staan werd nie.

      • Deon

        Baie dankie Matt – so bly om te hoor!

  • Koos Willeboer

    Vir my lyk dit of die Grondwet bedoel is om swart belange te bevorder. As dit nie so geskryf is nie, sal dit wel so geïnterpreteer word.

    Wat is bv die grondwetlike standpunt oor bevoorregting van een rassegroep teenoor’n ander op arbeidsgebied, studiegeleentheide ens. en wat is die posisie in die praktyk? Hoeveel van die beginsels van die Grondwet word hoegenaamd in die praktyk toegepas?

    As die Grondwet net ‘n handperdjie van swart belange is, lyk dit na wensdenkery dat ons enige betekenisvolle voordele vir wittes uit ‘n grondwet gaan put.

    • Riempies

      Kooswilleboer dit is presies dit – wat die woord “selfbeskikking” definieer – oor jou eie taal, kultuur, opvoeding, standaarde beskik asook jou eie geskiedenis onderhou en daarop voortbou —- vir nou. Ek hoop een van die eerste dinge wat ons gaan opeis as volkseie – is ons volkseie Voortrekker monument vir ons eie volksfeeste.

      Wat die swarte belange betref is dit net wat dit se – Swart belange.

      • Matt Heyns

        Volksfeeste hoort in ons kantonne gevier te word. Die vorige keer moes ons in die bosse piepie want daar was te min toilette.

  • Ben

    70% van inwoners in hierdie land woon deesdae in stede, wat dikwels deur ‘n meer kosmopolitiese kultuur gekenmerk word. Hoe versoen ‘n mens dit met selfbeskikking ideale? Ek dink nie daar is een politieke party bv. wat hierdie kompleksiteit aanspreek nie. Baie swart stamme sal ook nie noodwendig hulle stamkultuur wil prysgee nie, so ek dink nie selfbeskikking sal ooit ‘n beginselprobleem in die grondwet of regering wees nie. Die stryd om behoud van Afrikaans behoort myns insiens groter te wees as wat blote demografiese statistiek weerspieel. Of waar gaan daar bv. ‘n nuwe Afrikaanse universiteit gebou word sou selfbeskikking realiseer en sou Afrikaans op tersiere vlak by die huidige universiteite verdwyn?

    • Matt Heyns

      Ons sal met Rade vir Gemeenskappe begin daar waar ons werk en woon.

  • MyHerkoms

    Hou net in gedagte dat die konsep van die meerderheid die saak van vrywording onder die mantel van selfbeskikking tot n groot mate sal vergemaklik. Byvoorbeeld: die Noord-Kaap beslaan 30% van die totale SA landoppervlakte en is reeds amper 54% Afrikaans sprekend soos hy tans staan. Daar is slegs 1 145 861 mense vir n area van 372 889 vierkante kilometer. Sou ons Kibbutze daar kon stig wat die 700 000+ arm blankes kon onderhou d.m.v. boerderye sal die Afrikaner reeds in die meerderheid wees. Die meerderheid kan die VF+ as sy regering in stem wat die saak van selfbeskikking amper to realiteit sal bevorder. Sou die bruinmense van die gebied hulself in die minderheid bevind sal hulle meer verstedelik en nader aan die groot metropole trek. Ons benodig bevondsing vir die vestiging van grootskaalse Kibbutze en ontsoutings aanlegte om seewater te suiwer vir landbou doeleindes. Dit alleen sal weer uiteenlopende ander bedryf ekonomiee stig o.a. inginieurswese, menslike hulpbron bestuur, algemene bestuur ens. wat op hule beurt talent lok en die ekonomie bevorder. Dink daaraan!

  • Matt Heyns

    Verstaan ek jou reg as ek beweer jy sê die volgende:

    1. Indien die grondwetlike reg op interne selfbeskikking nie in onbruik verval
    nie sal die Vryheidsfront, in alliansie met ander partye en organe van die
    burgerlike samelewing, ‘n nasionale beweging (liberale demokrasie) moet word om
    pluralisme (alternatief vir die gesagstaat en sosialistiese sentrale beplanning)
    aan te bied. So n politieke offensief sal gedugte leierskap vra maar hoop gee vir
    kultuur en tradisionele gemeenskappe.

    2. Insgelyks sal die President gevra moet word om ingrypende veranderingen aan te bring aan die bestuur en werkswyse van die Kommissie vir Gemeenskapsregte. LW: Hierdie Kommissie is ‘n belangrike grondwetlike meganisme vir die bevordering en die beskerming van regte vir gemeenskappe. Daar is gapings tussen die teks en die uitvoering daarvan in die grondwet.

    3. Daar is ‘n ongelyke behandeling tussen die reg van tradisionele gemeenskappe
    (swart) teenoor die reg van ander gemeenskappe (kultuur en taal). Die beginsels
    van ooreenkoms tussen die politieke partye, wat aanleiding tot die grondwet gegee het, lees kollektiewe regte in sake van interne selfbeskikking moet erken en beskerm word.

    4. Selfbeskikking in die Grondwet (1996) het betrekking op reg van
    gemeenskappe. ‘n Gemeenskap word met taal, kultuur, godsdiens en met
    territoriale selfbeskikking in verband gebring. Swart tradisionele gemeenskappe geniet alreeds voor 1993 territoriale selfbeskikking. Sulke gemeenskappe op hulle
    gemeenskapsgronde, wat kollektief besit word, se magte en funksies word in
    die konsep wet, wat nog ter tafel gebring moet word, tot plaaslike regering beperk. Nogtans kry tien konings en sowat 5411 kapteins en hoofmanne jaarliks sowat R650 miljoen vir ongekwalifiseerde dienste.

    5. Die konsep wetgewing op Tradisionele Leierskap, wat tans onder oorweging is, is vaag oor die funksies van tradisionele ampsdraers. Tradisionele leiers se groot
    salarisse is ‘n doring in die vlees van Jan Alleman. Maar in die geval van die
    reg van kultuur gemeenskappe op selfbeskikking, binne ‘n gebied of
    gebiede, swyg die ANC en regering soos die graf.

    6. Daar is sedert 1996 nog niks gedoen om inhoud te gee aan die bepaling in artikel 235 dat ‘n nasionale wet sodanige vorme van selfbeskikking omskryf nie. Swak Piketberg. Derhalwe neem die Nasionale Burgerregte Raad (NBR) nou die inisiatief om regsgeleerdes te taak om ‘n konsep dokument oor artikel 235 te formuleer. Hierdie konsep wetgewing sal ter tafel gebring word vir goedkeuring deur die Parlement.
    7. Dit is duidelik die ANC of die regering sal nie die inisiatief neem om interne selfbeskikking vir die Afrikaner, die Khoi en die San gemeenskappe te bewerkstellig nie. Hierdie gemeenskappe sal self die wa deur die drif moet kry.

  • Rebel

    Kry so gou as moontlik die nasionale beweging vir selfbeskikking aan die beweeg! Geen ordentlike, opgevoede en beskaafde Afrikaner wil meer met hierdie regering geassosieer wees nie.

    • pp

      Te veel ordentlike, opgevoede en beskaafde Afrikaners assosieer nog te lekker deur aan verkiesings deel te neem. Eers wanneer hulle ophou sal ‘n redelike mens glo hulle soek werklik selfbeskikking.

  • Koos Willeboer

    Dink julle die swartes sal willens en wetens die wit belastingkoei prysgee. Dom soos wat hulle is, is hulle nog nie so dom soos ons wat ‘n land weggee nie. Hulle sal hulle grondwet, want dit IS hulle grondwet, gebruik om selfbeskikking van wittes met hand en tand te beveg.

    • Rebel

      Koos, die proses vir selfbeskikking moet solank aan die gang kom. Maar hoe? Intern of ekstern? Laat ons hieroor debatteer.. Die regering het ons liederlik gefaal en grootskaalse belastingboikotte sal n goeie begin wees. Daardie geld kan moontlik vir eie privaatinstellings aangewend word.. of gaan ons n eie Quebec, Vlaandere, Katalonië of Baskeland in die Noord-Kaap begin?!

  • leana

    Voel werklik of hier so ‘n klein aanduiding is van ‘n liggie wat in die verte begin skyn.
    Die genoemde belastingboikotte gaan ons eerste en grootste probleem wees.

  • Gas
    • leana

      Kon net sowel Suid Afrika wees. Verstaan daar word reeds só
      gedoen met die hophuise.

  • Gas
  • Dieannerou

    Hierdie bly ‘n probleem wat ek nie verstaan nie dit beteken steeds dat jy net mag kry wat vooraf bepaal is deur ander. Die huidige grondwet is nie deur die afrikaner op demokratiese wyse aanvaar nie maar ons moet daaraan voldoen. “Daar is egter sekere grondwetlike beletsels wat eksterne selfbeskikking, los van die RSA, onmoontlik maak. Dit sluit in: die feit dat die RSA “aan al sy mense” (voorwoord tot die Grondwet) behoort, die reg op bewegingsvryheid van die burgers, die feit van een burgerskap vir almal, en die onverdeelbaarheidsbepaling dat die RSA “een, soewereine demokratiese” staat is”

    • pp

      Die strategie lui soos volg, kruip laag genoeg voor die wereldheersers van ons tyd (bv. Rothschilds) en hulle sal jou ‘n iesie “toestaan” onder “redelike” voorwaardes natuurlik.. en eensklaps is jy inni hemel.

      • Riempies

        “Method in Madness” solank jy sorg dat jy nie op n
        mat staan nie, veral n dik sagte mat. 😉

  • Henrietta

    Ingevolge Wet 22 van 2009 bestaan die Huis van Tradisionele Leiers.
    Hulle het wye regte in die gebiede waar hulle “heers” en word dikwels deur hul onderdane as “koning” aangespreek ( soos Zwelithini van KwaZulu) . Indien ander groeperinge regte volgens hierde wet kan opeis, waarom nie ook die blanke nie?

    Jacob Zuma is een van die hoofvoorstander van die Wetsontwerp op
    Tradisionele Sake. Dit verbaas my nie. Dit sal hom met sy hemelhoë ideale vir sy eie Nkandla-koninkrykie soos ’n handskoen pas, waar hy baie mag sal hê en strawwe kan oplê, soos gedwonge arbeid, verlies aan toegang tot grond en vele meer.

    Dit verklaar ook sy passie om ’n tweederdemeerderheid in die 2014-verkiesing te
    kry, want dan kan hy die ongrondwetlikheid van hierdie wetsontwerp omswaai en
    dan sal alle mag oor regeringsfunksies, bepalings oor gewoontereg en
    voorsittende beamptes van die hof in hom as toekomstige tradisionele leier gevestig
    wees.

  • Henrietta
  • Grassie

    Hier word baie teorie bespreek maar daar is `n paar praktiese probleme. Indien die blankes dit ooit regkry om saam te staan kan ons `n magsblok vorm wat nie ge-ignoreer kan word nie. Op hierdie stadium is ons mense egter te verdeeld. Daar is `n magdom kleiner splintergroepe wat so besig is om mekaar aan te vat dat daar nie tyd oor is om aandag te gee aan die werklike vyand nie. Hierdie tweespalt word opsetlik deur liberale elemente uit ons eie geledere aangeblaas en georkestreer. Miskien het ons nog nie swaar genoeg gekry nie.
    Voor ons nie ons eie huis in orde kry nie gaan ons nêrens kom nie.

    • Riempies

      Grassie dit wat jy hier veroordeel is vir my nie
      vreemde gedrag nie – Hergroepering kom nie oornag nie – dit is n pad wat ons
      Afrikanervolk moet stap soortgelyk aan die pad wat iemand moet stap wanneer
      hy/sy n geliefde aan die dood moes afstaan. Erens egter genees die wonde en
      begin die lewe weer sin maak en staan so persoon op en neem weer deel aan die
      lewe. Elke behoudende Afrikaner is kosbaar op sy unieke manier en die
      verskillende groepe gaan dit ook een of ander stadium begin besef en die nodige aanpassings maak en dan gaan
      ons n magtige dreuning word.

  • Grassie

    Riempies jy is reg en ek stem met jou saam. Wat my egter pla is dat ons die pad al meer as 20 jaar stap en nog niks bereik het nie. Ek dink ons volkie sal `n ernstige kopskuif moet maak om te oorleef.

    • Riempies

      Met die kopskuifgedeelte stem ek saam – self moes ek wat my hart wil he
      en my verstand vir my se moontlik is – ernstige introspeksie doen en van magtelose woede na nugter logika oorskakel – glo my dit is baie bevrydend wanneer jy daar uitkom 😉

      Ons het ook nie heeltemal niks bereik nie – daar word tans aan n regsinterpetasie van Selfbeskikking gewerk. Verlede Donderdag het n
      dr. Christo Landman, voorsitter van die NBR n referaat gelewer oor minderheidsregte tydens die UNPO beraad wat afgelope Donderdag in
      Kaapstad plaasgevind het. Daar is al etlike privaat skole gestig – dis nou
      benewens die onderskeie groepe se eie doelstellings waaraan hulle werk.

      En hier op Praag word jy op hoogte van sake gehou – ons enigste intigtingsbron in die mooiste Afrikaans.

  • AntiLies

    selfbeskikking vir Afrikaners as ‘n reg is nie die probleem nie.

    die probleem is Afrikaners wat dink hulle het iemand se toestemming nodig om dit bloot te begin doen.

  • Deon

    NBR doen so voort. Kom ons bou maksimale volkseenheid deur die beginsel van maksimale selfbeskikking as visie. Nou dalk interne selfbeskikking met beperkte outonomie, maar voortdurend gerig op volle republikeinse outonomie as einddoel. Elke geslag het verantwoordelikheid vir die bevordering van die einddoel gegewe die geopolitieke werklikhede van die oorheersers en westerse wereld. Terselfdertyd, moet kanton stigting en privaat kooperatiewe kollektiewe gebiedseiendomme as skeppende Volkskonsentrasies of groeipunte voortduur.