Mnr Y

Deel op

mryDeur Johann Theron.

“Mnr X” was ‘n skuilnaam vir George Kennan wat in 1947 die artikel “The sources of Soviet conduct” in die tydskrif Foreign Affairs laat publiseer het. Hierdie artikel het die groei en toekomstige val van die Sowjet-Unie beskryf en hoe hierdie “val” faktore vervroeg kon word.

Volgens ‘n opname deur die National Journal in 2010 het 47% van Amerikaners gedink dat China se ekonomie die sterkste is ten spyte daarvan dat Amerika se ekonomie 2.5 keer sterker was, en dan met slegs 1/6 van die bevolking.

Verder kan geargumenteer word dat enigiemand onder 30 jaar nie sal weet wat die uitdrukking “the US President is the leader of the Free World” beteken nie. Dus is daar ‘n algemene beskouing dat Amerika se selfvertroue aan die taan is met die bykomende verval in infrastuktuur.

“Mnr Y” is die skuilnaam vir Captain Porter and Colonel Mykleby wat die “Y” artikel in 2011 die lig laat sien het.

Hulle tydsberekening om ‘n nuwe doelstelling vir die VSA te skep, was in die kol. Mnr X se narratief het ‘n konsensus tussen politieke teenstanders bewerkstellig tot en met die val van die Ystergordyn, maar daarna het rakleeftyd van die Rooi Gevaar ook verval.

Die huidige Amerikaanse President het nie meer ‘n diskoers wat verskillende belange en faksies in sy eie land saamsnoer nie.

Alhoewel mnr Y dus ‘n gaping opgemerk het, het hy nie werklik nog daarin geslaag om dit te vul nie. Die doelwit wat hy stel, blyk ontwykend te wees. Die strategiese rigting waarin Amerika beweeg is nie meer om Kommunisme te beveg nie, maar om in hierdie eeu “the strongest competitor” te wees,  “which require that we invest less in defense and more in sustainable prosperity and the tools of effective global engagement”.

Dis ‘n moeilike saak want Adm Mullen en Secretary of Defense Robert Gates het in die opnebaar gesê “the US deficit is our biggest security threat”. Die mense wat weet, bekommer oor ‘n ekonomiese krisis wat die land binnekort kan destabiliseer.

En president Obama verhoog in dié moeilike tye die skuldplafon twee keer sonder om twee keer te dink. Miskien is dit hoekom die president senior militêre offisiere se termyne so gereeld beëindig.

In terme van kompeterende lande waarmee Obama sal moet rekening hou, is daar China en Rusland. Obama wil graag “positive sum politics” bedryf maar dit beteken dat sy kompetisie dit ook moet wil doen. China het tot onlangs toe ingestem, maar Rusland was altyd “ysig” en minder inskiklik as mens kyk na hulle afpersing van die EU mbt gasverkope. Nou begin die Chinese ook aggressief te raak met die wyering om die USD as betaalmiddel te gebruik.

Kompetisie word gewoonlik gesien as iets wat op gelyke speelgrond gebeur waar daar vertrouensooreenkomste gesluit word. Die onlangse NSA-skandaal help nie juis hiervoor nie. Obama is miskien goed met “engagement” maar sy kredietwaardigheid is swak en daarom sluit hy nie die vertrouensverhoudings wat hy benodig om Amerika se ekonomie te stimuleer nie.

Maar wat ook waar is, is dat sy kompetisie eintlik besig is om destruktief op te tree (teenoor Amerika) waarvoor ‘n sterk militêre mag nie regtig gaan help nie.

Die wens van mnr Y is dat Amerikaners met visie, met hulle bekende waardes, oplossings sal vind “that can transform despair into hope”. Maar wie onthou nog Obama se verkiesingsleuse van “hope”?

Alhoewel dit eintlik nog te vroeg is om grondige kritiek te lewer op mnr Y, lyk dit op hierdie stadium of daar een krakie te voorskyn gekom het, naamlik die aaname dat waardes deur kompeterende entiteite gedeel en respekteer sal word. Byvoorbeeld die konsep van moraliteit word anders interpreteer deur elke groep. Dit beteken dat Amerika gemoker word met die lat van moraliteit, terwyl hulle tussen sonskyn en rose die voetbal op die veld alleen najaag.

Hier is lesse te leer vir Afrikaners, want myns insiens dink ons dikwels eners as ons Amerikaanse vriende, want waar ons verkeerdelik Afrika probeer red, probeer hulle verkeerdelik die wêreld red.

Afrika is ‘n onverdraagsame plek en Rusland is baie koud en groot. Dit beteken nie dat ons nie ambisieus moet wees nie, maar moet vir geen oomblik glo dat jy of jou waardes gerespekteer word nie.

Kortom: Jy sal moet baklei vir jou kos.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.