Kenyatta moet verhoor bywoon sê ISH

Deel op

iccDie Internasionale Strafhof het ‘n beslissing omgekeer waarvolgens die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta toegelaat is om slegs dele van sy verhoor by te woon.

Die hof het nou bepaal dat Kenyatta wel teenwoordig moet wees in die hof in Den Haag.

Die hof sê enige toekomstige versoeke om dele van die verhoor nie by te woon nie, sal op geval tot geval beoordeel word.

Kenyatta en sy adjunk, William Ruto het aansoek gedoen om die saak via video-verbinding te volg. Hulle word aangekla van misdade teen die mensdom na die verkiesing in 2007.

Pogings van Kenia en die Afrika-Unie om te keer dat dienende leiers aangekla word, het vroeër misluk. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.