Lyk van vrou wat glo verkrag is, gevind in George

Deel op

sapstapeDie lyk van ’n 25-jarige vrou is in die agterplaas van ’n huis in George in die Suid-Kaap gevind.

Kapt. Bernadine Steyn het gesê ’n vriend het op die 25-jarige Belinda Paulsen se liggaam in Versfeldstraat in die bruin woonbuurt Conville afgekom.

“Die liggaam was gedeeltelik geklee en het op ’n matras gelê in ’n hut in die agterplaas. Ons vermoed dat sy met ’n stomp voorwerp in haar gesig geslaan is,” het Steyn gesê.

Die lyk van Paulsen is in ‘n huthuis, slegs ‘n paar huise vanaf haar ouerhuis, gevind.

Die oorledene se onderlyf was na wat verneem word naak toe ‘n vriend op haar liggaam afkom.

Volgens polisiewoordvoerder van die Suid-Kaap, kaptein Bernadine Steyn, word daar vermoed dat die oorledene met ‘n stomp voorwerp in die gesig geslaan is.

“Die moontlikheid van verkragting word ook ondersoek,” het Steyn gesê.

Nog geen verdagtes is in verband met die voorval aangekeer nie en ‘n saak van moord is geopen. – Sapa-AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.