Babaverkragtingsvraag in eindeksamen is ‘siek’

Deel op

bread-white-loafOntsteltenis heers dwarsoor die land by leerlinge in Dramatiese Kunste wat Maandag tydens hul matriekeindeksamen ‘n vraag oor ‘n toneel met ‘n babaverkragting moes beantwoord. Volgens ‘n berig van Sapa, gaan ouers en leerlinge die departement van basiese onderwys versoek om die 15 punte aan alle leerlinge wat die eksamen moes aflê, toe te ken.

NUUT!

Die vraag in afdeling C van die vraestel, wat volledige hier onder weergegee word, was verpligtend. Daarin moet leerlinge kommentaar lewer op die simboliese uitbeelding van ‘n babaverkragting deur middel van ‘n brood en ‘n besemstok. Die toneel is afkomstig uit die stuk Tshepang deur Lara Foot Newton.

Omdat die vraag 15 punte uit ‘n totaal van 150 tel, verteenwoordig dit tien persent van die hele vraestel en sou dus die verskil tussen ‘n druip en ‘n slaag of ‘n onderskeiding en ‘n nie-onderskeiding kon bepaal.

“Ek kon amper nie verder skryf nie,” het een meisie in Johannesburg gesê. “Dit het my naar gemaak en ek moes net die trane wegsluk. Hoe kan hulle vir ons so iets in die eindeksamen gee? Ek weet daar is iets soos verkragting en daar gebeur vreeslike goed in ons land, maar hierdie is te erg! Ek het amper die vraag heeltemal uitgelos, maar ek het heel jaar nog onderskeidings vir Drama gehad en daarom moes ek dit maar beantwoord, teen my sin.”

Blykbaar word die memorandum vir die vraestel vandag in Pretoria bespreek.

Hier is die gewraakte vrraag 11 uit die vraestel:

Dramatiese Kunste DBE/November 2013

AFDELING C: PAS PERSOONLIKE HULPBRONNE TOE EN BESIN EN EVALUEER

AFDELING C is VERPLIGTEND.

VRAAG 11

Lees die uittreksel uit Tshepang deur Lara Foot Newton en beantwoord die vrae wat volg. Die toneelstuk is geïnspireer deur die brutale verkragting van die nege-maande-oue baba, Tshepang. Daar is twee akteurs in die produksie. Simon vertel die storie en vertolk verskeie karakters. Ruth is op die verhoog, maar praat nie.

SIMON:     Sy het die heeltyd geweet.
Sy was te bang om hulle te vertel, want sy was sy houvrou.
Nou praat die dorp! Waarom het sy dit geheim gehou? Waarom het sy nie enigiets gesê nie? …
Alfred was dronk. Hy wou seks gehad het. Ruth wou gaan drink en het nie
belanggestel nie. Sy het haar baba op die bed gelos en tavern toe gegaan.
Ruth plaas die brood op die klein bedjie.
Dit het gou donker geword. Die son het ondergegaan.
Hy beeld die verkragting uit deur die besemstok en dië brood te gebruik.
Later het Sarah, die een met die goue tand, na die_huis toe gekom om vir Ruth te soek. Sy het ingeloop, Siesie gehoor skree en ‘n vuurhoutjie getrek. Alfred het vir ‘n oomblik gestop. Sarah het na hom gekyk, na die baba, en toe die kamer verlaat … en niks gedoen nie. Toe het Alfred voortgegaan. Hy het later haar liggaam in die veld gaan gooi … waar Dewaal haar gekry het.

11.1 Verduidelik tot watter mate die karakter Simon ‘n verteller genoem kan word (2)

11.2 As die enigste praatrol in die toneelstuk is Simon se stemvertoning noodsaaklik vir die sukses van die toneelstuk. Beskryf hoe jy toon, tempo en volume in reël 1-8 sou gebruik om tot die hoogtepunt (klimaks) op te bou in hierdie uittreksel. (6)

11.3        Die verhoogaanwysings in reël 9 sê: ‘Hy beeld die verkragting uit deur die besemstok en die brood te gebruik.’

      11.3.1 Waarom het die dramaturg gekies om die simbool van ‘n brood te gebruik om die baba uit te beeld en die besemstok as die verkragterr? (3)

     11.3.2 Beskryf hoe jy die akteur wat Simon vertolk, reël 9 sou laat opvoer om die aakligheid van die verkragting vir die gehoor te vergroot. (4)

                                                                                                                                           [15]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.