Angola ontken anti-Islam-berigte

Deel op

angolaAngola is tans ‘n warm onderwerp van bespreking in die internasionale media nadat nuus regoor die wêreld gebreek het nadat dié land Islam verbied het en begin het om moskees af te breek.

Moslems het woedend gereageer na bewerings dat Islam in Angola geteiken word.

Maar ‘n amptenaar by die Angolese ambassade in Washington, DC, wat nie geïdentifiseer wil word nie, het gesê dat daar is geen so ‘ n verbod is nie en dat die berigte verkeerd is.

“Die Republiek van Angola … is ‘n land wat nie inmeng in godsdiens nie,” het die amptenaar gesê. “Daar is vryheid van godsdiens. Ons het die Katolieke , Protestante, Baptiste, Moslems en evangeliese mense.”

Ander berigte het die land se minister van kultuur aangehaal wat teen “sektes” uitgevaar het.

Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Godsdienstige sake, Manuel Fernando sê die Angolese regering het geen amptelike standpunt oor Islam of enige ander geloof nie.

Godsdienstige organisasie moet in Angola aansoek doen vir akkreditasie. In die stadium word 83 Christelike organisasies erken.

By nadere ondersoek van sommige van die eerste berigte oor die sogenaamde verbod en aftakeling van moskees is die materiaal egter verdag . Een so voorbeeld is die afbeelding van ‘n minaret van ‘n “Angolese moskee van Oktober 2012”.

Die afbeelding is van ten minste so vroeg as 23 Januarie 2008, uit ‘n artikel oor die vernietiging van Bedoeïenehuise in Israel..

Ander amptenare kon nie die berigte bevestig nie.

Angola is ‘n Christelike land van sowat 16 miljoen mense, waarvan ‘n beraamde 55 persent Katolieke is, 25 persent behoort aan Afrika Christelike denominasies, 10 persent is Protestants, en 5 persent behoort aan Brasiliaanse Evangeliese kerke. Slegs 80.000 tot 90.000 Angolese is Moslems, volgens die Amerikaanse State Department.

Islam word nietemin beskou as een van die vinnigste groeiende gelowe ter wêreld.

Volgens ‘n direkteur van die Islam Intergeloof Navorsingsinstituut, Rafiq Hassan, word die moskees in Angola aangewend vir onwettige praktyke soos geldwassery.

Hy sê dié Moslems is hoofsaaklik buitelanders van lande in Wes-Afrika wat finansiële regulasies in Angola probeer systap. Die meeste berigte oor die regering se anti-Islam-houding kom uit Wes-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.