Droogtehulp aan boere in Noordwes

Deel op

droogte2Boere in Noordwes wat aansoek gedoen het vir droogtehulp, gaan aanhou om voer te kry om die impak van die droogte op hul lewende hawe te verlig.

Voer sal aan 23.000 boere in die provinsie verskaf word. Meer as 14.000 sakke is sedert verlede week versprei.

Die departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling sê meer as 100.000 sakke sal uiteindelik uitgedeel word.

Volgens die departement sal ‘n boer met 30 of meer diere ‘n maksimum van 14 sakke ontvang, terwyl die res minder sal kry.

Die verspreiding van voer volg op die goedkeuring en toewysing van ‘n noodlenigingsfonds van 43 miljoen rand deur die Nasionale Tesourie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.