Agliotti direk met Krejcir verbind

Deel op
Agliotti
Agliotti

Glenn Agliotti, die dwelmbaas en vertroueling van die oudpolisiehoof Jackie Selebi, is regstreeks met Radovan Krejcir verbind.

Katerina Krejcirova, vrou van die Tsjeggiese voortvlugtige, se naam eergister in Agliotti se sekwestrasieverhoor genoem, nadat dit aan die lig gekom het dat Agliotti geld by geleen het by Groep Twee Beleggings.

Groep Twee het ook aan ene kol. Francois Steyn, bevelvoerder van die eenheid teen georganiseerde misdaad in Germiston, geld geleen.

Agliotti is voorlopig in die hooggeregshof in Pretoria gesekwestreer. Die keerdatum vir die bevel is 10 Februarie.

Krejcir het glo vir “regskoste” geld aan Agliotti geleen.

Twee Valke is ook intussen weens ontvoering vas nadat Krejcir Vrydagaand deur die polisie gearresteer is op aanklag van ontvoering en poging tot moord.

Beeld het onthul dat die taakspan wat Krejcir ondersoek, ‘n gespanne verhouding tussen lt.genl. Anwa Dramat, hoof van die Valke, en lt.genl. Vinesh Moonoo, die polisie se nasionale speurhoof, moet trotseer.

Dit is nie bekend wat die spanning tussen die twee hoë lui is nie.

Agliotti het in 2007 skuld beken op aanklag van dwelmsmokkelary.

In 2010 het regter Meyer Joffe geweier om Agliotti kwyt te skeld van vervolging nadat sy getuienis Selebi  gekelder het. Joffe het die dwelmbaas toe as ’n leuenaar bestempel.

Agliotti is in 2010 onskuldig bevind aan die moord op die mynmagnaat Brett Kebble.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.