Krejcir se Duitse vriend gearresteer

Deel op
Willi Breuer
Willi Breuer

‘n Duitse man wat glo  al vir die afgelope agt jaar onwettig in Suid-Afrika woon, is in hegtenis geneem by sy huis in Kibler Park, suid van Johannesburg, Dinsdag , het die departement van binnelandse sake gesê.

“Willi Breuer word tans aangehou by Lindela-repatriasiesentrum en wag vir deportasie,” het ‘n woordvoerder van die departement Thapelo Moeng in ‘n verklaring gesê.

Breuer, 61, is glo ‘n goeie vriend van die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir .

Volgens City Press, het Breuer president Zuma privaat in sy huis in Johannesburg in September verlede jaar ontmoet.

Hy het glo gespog tydens die vergadering en gesê dat hy en sy maatskappy Auxilium Africa miljarde gaan belê in Suid-Afrika om afvalbestuur veral in armer munisipaliteite te transformeer, het die koerant berig.

Die man is brandarm, het die departement van binnelandse sake Dinsdag gesê.

“By die [ laaste bekende ] adres wat ons vir hom gehad het, het hy nie die huur vir die afgelope twee jaar daar betaal nie en is uiteindelik uitgesit,” het die departement se immigrasie-inspektoraat se hoofdirekteur Modiri Matthews gesê.

“Hy het basies homself aangebied as ‘n belegger. Dit is hoe hy in staat was om ‘n indrukwekkende profiel te kry. Maar die waarheid is dat hy leef van aalmoese van sy mede-Duitsers [ wat in en rondom Johannesburg woon ].

“Ons het hom gevind in die kelder van sy vriend se huis. Hy het gesê hy het geen geld nie,” het Matthews gesê. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.