Oproermakers waarsku Kapenaars om winkels Vrydag te sluit

Deel op

ctloot‘n Groep oproeriges wat verlede maand op ‘n gewelddadige plundertog in die Kaapstadse middestad gegaan het, het sake-ondernemings gewaarsku om Vrydag hul deure te sluit.

Nóg ‘n opmars word vir Vrydag beplan en sowat 50 000 inwoners word verwag, berig die Cape Times.

Die Cape Town Informal Settlements Organisation beplan om na die Wes-Kaapse wetgewer op te ruk om ‘n griefskrif aan Helen Zille, premier, te oorhandig.

Die stad het die groep toestemming geweier vir die optog.

Sithembele Majoba, woordvoerder van die groep, het gesê dít sal hulle nie keer nie.
“Daar sal geen kansellasie wees nie. Of dit wettig is of nie, ons sal betoog.”

Die optog sal om 10:00 by die Kaapstadse Parade begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.