Polisiebeampte in hof oor vrou hom teister

Deel op

police’n Kaapse metropolisiebeampte  het hom tot die gelykheidshof gewend nadat ’n vroulike kollega hom na bewering herhaaldelik seksueel geteister het.

Die 39-jarige superintendent het die Stad Kaapstad daarvan beskuldig dat hy versuim het om hom van die beampte te beskerm. Die vrou het glo herhaaldelik seksueel uitlokkende opmerkings gemaak en sy bobeen gestreel, berig The Times.

Die man het gesê hy is raadop en het hom tot die hof gewend omdat sy bestuurders nie sy klagtes ernstig opgeneem het nie.

Luidens hofdokumente het die probleme in Januarie begin toe hy sy rekenaar moes verstel sodat hy haar nie kan sien nie.

Die vrou het glo ook gevra om op sy skoot te sit en voorgestel dat sy voor hom uittrek.

Hy het tydens ’n ander voorval met ’n stresbal in die kantoor gesit, waarna sy by die deur gaan staan het.
“Sy het haar bene oopgemaak en voorgestel dat ek die bal tussen haar bene boul.”

Die voorvalle het hom “emosionele en professionele probleme, vernedering en moeilikheid in my huwelik veroorsaak en ook my goeie naam in oneer gebring”. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.