Wankelrige groeisyfer vir SA verwag

Deel op

groeiGroeisyfers wat vandag deur Statistiek Suid-Afrika bekendgestel word, sal na verwagting aandui dat die stakings in die voertuig- en mynsektore hulle tol op die ekonomiese bedrywighede in die derde kwartaal van die jaar geëis het.

Die meeste ekonome verwag dat die ekonomie met slegs een-komma-twee persent gegroei het.

Die voorspelling is heelwat onder die vyf persent groei wat die regering nodig het om broodnodige werk in die land te skep.

Volgens ons ekonomiese redaksie het die Reserwebank ‘n paar dae gelede gewaarsku dat die binnelandse ekonomiese groeivooruitsigte baie wankelrig is.

Daar word ook verwag dat die syfers vir die vervaadigings-en mynsektor, wat verantwoordelik is vir bykans ‘n kwart van die land se BBP, die groeisyfers ernstig sal knou. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.