Marikana: Brigadier verdedig bevel om te skiet

Deel op

marikanaDie Marikanakommissie van Ondersoek het gehoor dat die meerderheid van die polisielede wat betrokke was by die skietery op 16 Augustus by Marikana, daarna gespanne en getraumatiseerd was.

Dit was deel van die getuienis van brigadier Adriaan Calitz wat die bevelvoerder was wat regstreekse bevele aan die polisielede op die dag van die skietery gegee het.

Calitz is gevra om te verduidelik waarom hy die polisielede op die skouer geklop het, na die skietery.

Calitz het verduidelik dat hy die lede se gemoedstoestand moes lig, aangesien daar gerugte was dat van hulle hulle werk sou verloor het.

Hy het daarop gewys dat hy as ‘n operasionele bevelvoerder met sy mense gepraat het en hulle daarop gewys het dat hulle niks verkeerd gedoen het nie en dat daar ‘n ernstige plig op hulle skouers rus.

Calitz het ook gesê die lede het ‘n 110 persent met hom saamgewerk en bevele uitgevoer. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.