AussieGate: Indonesië kook oor bure se verraad

Deel op

aussiegateIndonesiërs het dié week van woede gekook oor die verraad van hul bure ná onthullings dat Australië se Seine-direktoraat die selfone van senior Indonesiese regeringsamptenare , insluitend President Susilo Bambang Yudhoyono afgeluister het, en die ergste van alles, sy vrou, Ani Yudhoyono s’n ook.

Aussie-intelligensie het op die einste senior Indonesiese kabinetsamptenare gespioeneer wat, soos die president, as stoere bondgenote van die VSA en Australië beskou word.

Hierdie elektroniese spioenasie is deel van die nou berugte geheime Vyf Oë wat die gesamentlike intelligensie insameling tussen die VSA, Brittanje, Kanada, Australië en Nieu-Seeland behels: Die sogenaamde “witman se spioenasie-agentskap” wat Suid-Afrika uitsluit.

Vyf Oë word gelei deur die Amerikaanse National Security Agency, en sy ander Anglelsaksiese lede tree as lojale junior vennote op wat op hul eie mense spioeneer. Hoeveel van hulle plaaslike data oorgedra word na Washington is onbekend, maar dit is waarskynlik aansienlik.

Dit is onlangs aan die lig gebring dat die Amerikaanse NSA inligting oor Amerikaanse burgers aan ‘n ander bondgenoot, Israel, beskikbaar stel.

Die redakteur van die Jakarta Post, Meidyatama Suryodiningrat, voel diep beledig en persoonlik geraak deur die onthullings.

Indonesië en Australië werk al vir die afgelope twintig jaar aan ‘n beter verhouding.

Indonesië, met 248.000.000 mense is die naaste aan Australië se 23 miljoen mense, ‘n feit wat dikwels die hoogs xenofobiese Aussies senuweeagtig maak.

Australië se verdediging word deesdae deur Washington gewaarborg wat binnekort gestasioneer sal wees in die noorde van Australië, naby Indonesië.

Hierdie militêre besluit om Amerikaanse Seesoldate in die noorde te plaas hou min voordeel vir Australië in en het alleen daarvoor gesorg dat Indonesië en China op hul hoede gestel is.

Australië se nuwe konserwatiewe eerste minister, Tony Abbot, se arrogante houding nadat dit bekend geraak het dat hy op sy vriende spioeneer, het betrekkinge verder versuur.

President Yudhoyono het sy ambassadeur in Australië beveel om terug te keer, en talle gesamentlike projekte met die Aussies opgeskort.

Die belangrikste is dat Australië die betaling aan Indonesië van US$ 608.700.000 jaarliks ​as ‘n “hulpmiddel” om desperate asielsoekers uit die Midde-Ooste en Afghanistan na Australië te stop, opgeskort is. Dit sal egter net Australië ten nadele strek, alhoewel konserwatiewe kiesers verheug is.

Australië sukkel reeds met hul beeld weens hul “hartelose beleid” teenoor nie-blanke vlugtelinge. Omdat die land nog nooit daarin kon slaag om ‘n eie buitelandse beleid te formuleer wat onafhanklik van die Statebond is nie, sal hulle voortaan waarskynlik verder sukkel.

Kritici sê Australië is ‘n apartheidstaat. Terwyl Suid-Afrika deurentyd aangeval is, het Australië in dieselfde tyd ‘n uitsluitlik wit immigrasiebeleid nagestreef.

Intussen kry die VSA die skuld van Indonesiërs vir AussieGate. Amerika het groot beleggings in die hulpbronryke Indonesië, die wêreld se vierde mees bevolkte land met die grootste Moslembevolking.

Amerikaanse meningsvormers het uitgevaar teen Australië dat hulle nalatig en teenproduktief was om so ‘n belangrike bondgenoot en groeiende ekonomiese reus te antagoniseer en te beledig.

En dit alles net om uit te vind dat die president rugpyn het en sy vrou ‘n argument met haar dogter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.