
In ‘n verrassende wending gister (Saterdag), is ‘n regse politikus tot president van een van Slowakye se selfregerende streke verkies, het verkiesingsbeammptes gesê.
Marian Kotleba, wat vir sy agitasie teen die Roma-minderheid bekend is, asook vir sy verskyning in uniforms wat op die fascistiese model geskoei is, het die sittende Sosiaal-Demokraat in die Banka Bystrica-streek verslaan. Die stemtelling was 55,53 persent teenoor 44,46 persent.
Kotleba is reeds verskeie kere deur die polisie in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy rasse-onrus stook en die demokrasie bedreig. – dpa