Swart Koukus druk wit DA-leiers oor BSEB

Deel op
Vasgevang in haar eie rasseteenstrydighede
Vasgevang in haar eie rasseteenstrydighede

Die Demokratiese Alliansie se beleidskonferensie sal vandag in Kaapstad begin te midde van groot spanning oor BSEB (Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging).

Groot verwarring oor die DA se beleid oor regstellende aksie heers binne en buite die party. Die DA het verlede week in die Nasionale Wetgewer ten gunste van die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Geleenthede gestem, net om daarteen te stem in die Nasionale Raad van Provinsies.

Khume Ramulifho, die DA se Suid- Gautengse streeksvoorsitter, het gesê daar is beleidsrigtings wat aanpassing verg, insluitend dié wat met grondhervorming, ekonomiese bemagtiging en regstelling te make het.

Die party se “Swart Koukus” voel die beleid word deur ‘n paar wittes bepaal en nie deur die mense op grondvlak nie. Hulle voel ook dat sulke rigtings nie bindend behoort te wees nie.

‘n Ander lid van die Koukus sê hy ondersteun [die BSEB-wetsontwerpe] want hy “is ‘n slagoffer” in die DA. “Ek ondersteun die DA omdat ek gedink het hulle is bewus van die uitdaging,” het hy gesê.

“Ons [swartes] is bewus van die onreg van die verlede. Jou gewete kan dus nie die feit ontken dat ons iets moet doen vandag as deel van die regstelling nie.

Masizole Mnqasela, ‘n LP en federale lid wat Khayelitsha verteenwoordig sê: “Mense moet toegelaat word om individueel te stem, gelei deur hul eie gewete oor hierdie wetsontwerpe. Ons moet nie ‘n partyposisie hê daaroor nie, want ek word nie goed verteenwoordig wanneer een sê dat hy diensbillikheid ondersteun nie.”

Mnqasela wil ook dat die DA sy energie fokus op BSEB.

“Ons het nog baie min swart miljoenêrs, in teenstelling met wit miljoenêrs, so ons moet nie bekommer daaroor dat swartes miljoenêrs word nie. Hoekom moet ons bekommerd wees wanneer ‘n swart persoon ryk word?”

Hy beskou BSEB as die “beenmurg” wat sal bepaal of die DA in die toekoms sal groei of vergaan.

Twintig beleidsrigtings sal bespreek word. Dit wissel van onderwys en ekonomiese groei tot gesondheid.

Tweehonderd afgevaardigdes van regdeur die land sal die konferensie bywoon.

Die federale voorsitter, Wilmot James sê die beleidskonferensie moet sy standpunt oor BSEB opklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.