Die Mpumalanga regering het Vrydag gesê hulle sal kyk na die lewensomstandighede van konstruksiewerkers na die dood van agt mans wat deur weerlig getref is in Witbank.
“Die toestande waarin hulle leef is nie aanvaarbaar nie,” het die direkteur van openbare veiligheid Selati Matlejoane gesê.
Nege mense is Woensdag dood in die provinsie weens weerlig. Agt van die mense is dood terwyl hulle in ‘n tent in Witbank geslaap het.
Matlejoane gesê hul reaksiespan besoek die gebied ná die voorval en het bevind dat 14 mense gelê en slaap het in ‘n tent .
“Agt was reeds dood, terwyl ses is na die hospitaal geneem is,” het hy gesê.
Hy het gesê die mans het hulle ingelig dat hulle van Alexandra, Diepsloot en Soweto in Johannesburg kom en na Mpumalanga is vir werk.
Hy het gesê dit was ‘n natuurramp, hulle kan nie vingers wys na enigiemand nie, maar iets moet gedoen word.
“Die konstruksie-eienaar het die tent vir hulle op grond [ in private besit ] opgerig. Ons moet ondersoek of wette gebreek is en indien wel, ‘n sanksie toepas,” het hy gesê.
Nog ‘n man is deur weerlig getref in Middelburg op dieselfde dag . Polisiewoordvoerder Lt -kol Leonard Hlathi het gesê die weerlig het die man geslaan terwyl hy met sy kind geloop het.
“Hy is opslag dood, terwyl sy kind ernstig beseer is, ” het hy gesê .
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.