Elf dood toe bus vragmotor verbysteek

Deel op

busongelukElf mense is dood in ‘n busongeluk op die N1 naby die Capricorn-tolhek in Limpopo.

Die polisie sê die bus het in ‘n motor vasgery nadat dit ‘n vragmotor verbygesteek het.

‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê vyf insittendes van die motor en ses buspassasiers is dood.

Beseerdes is na die Utsogwa-hospitaal geneem.

Volgens Mulaudzi is ‘n ondersoek reeds aan die gang. In September het ‘n bus en vragmotor verongeluk wat die lewens van twee mense geëis het op dieselfde pad.

 

Die ongeluk kom nadat 30 mense vroeër dié maand dood is toe vier voertuie gebots het by Kwaggafontein in Mpumalanga.

Twee vragmotors, ‘n bus en bakkie was op die Molotopad in ‘n kettingbotsing betrokke waarin 29 mense beseer is.

In September, is 24 mense dood toe ‘n vragmotor in ‘n minibus gepleog het in Pinetown, in KwaZulu-Natal. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.