Kamer van Koophandel steun e-tol

Deel op
Neren Rau
Neren Rau

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Neren Rau, het sy lede gevra om met die e-tolstelsel saam te werk wanneer dit in werking gestel word.

Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het vroeër die week aangekondig dat die multimiljardrandse projek op die derde van aanstaande maand ‘n aanvang sal neem.

Dit het tot wydverspreide woede en ‘n dreigement van ‘n boikot gelei. Rau sê groot sake-ondernemings behoort nie die wet te oortree nie.

Die voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA), Wayne Duvenage, sê hy is van mening dat maatskappye sal voldoen maar hoop dat lede van die publiek die stelsel sal teenstaan. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.