Gautengse wetgewer erken Kleinfontein as kultuurgemeenskap

Deel op

kleinfonteinDie Gautengse Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid sê hy kan geen bewyse vind dat swart polisielede wat nie Afrikaans kan praat nie, toegang tot Kleinfontein buite Pretoria geweier word nie.

Afrikaners elders in die land het die erkenning van Kleinfontein as kultuurgemeenskap deur die Gautengse Wetgewer verwelkom

Kleinfontein het vroeër vanjaar nuus gemaak omdat dit ‘n Afrikanerdorpie is. Mense woon daar op grond van hulle kultuur, taal en assosiasie met die Voortrekkergeskiedenis.

Die voorsitter van die komitee, Jacob Khawe, sê geen bewyse kon vir die bewering gevind word nie.

Khawe sê egter hulle is van mening dat die Polisie enige tyd die gebied moet kan binnegaan omdat dit nie ‘n geïsoleerde gebied in Gauteng is nie. – RSG/praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.