SANEF sal aanhou om foto’s van Nkandla te plaas

Deel op
Die Parlement, Nasionale Sleutelpunt
Die Parlement, Nasionale Sleutelpunt

Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê die media sal voortgaan foto’s van Nkandla te publiseer.

SANEF sê foto’s van veiligheidskenmerke van die opgraderings aan President Jacob Zuma se privaatwoning op Nkandla in KwaZulu-Natal wek aansienlike openbare belangstelling, en daarom sal hulle voortgaan om dit af te neem en te plaas.

Suid-Afrika se veiligheidsgroepering het vroeër aangedui dat sulke foto’s nie wenslik is nie.

SANEF het na die groepering se versoek aan die media en lede van die publiek om nie sulke foto’s te publiseer nie, gesê hulle sal nie gehoor gee daaraan nie.

Die Ministers het vroeër in Pretoria ‘n sterk waarskuwing gerig dat diegene wat sulke foto’s publiseer, vervolg sal word aangesien die woning ‘n nasionale sleutelpunt is.

Die Grondwetkenner, Pierre de Vos, sê daar is geen wetgewing wat die publikasie van foto’s van nasionale sleutelpunte verbied nie.

De Vos sê indien dit wel ‘n oortreding van de wet sou wees om sulke foto’s te publiseer, sal dit ook onwettig wees om die opening van die Parlement uit te saai aangesien dit ook ‘n Nasionale Sleutelpunt is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.