Polisie steel glo R2 miljoen se drank

Deel op

valkeTwee polisiebeamptes is in Elsburg, Germiston, in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vragmotor gekaap en drank ter waarde van R2 miljoen gesteel het, het die Valke gesê.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder, het gesê ‘n adjudant-offisier en ‘n konstabel het op 1 November ‘n vragmotor op die N3 afgetrek.

Die vragmotorbestuurder en sy passasiers is by ‘n polisiekantoor aangehou terwyl die polisiebeamptes die drank by ‘n onbekende plek afgelaai het. Die groep is later vrygelaat.

“Hulle is aangekla van vragmotorkaping. Daar is ‘n moontlikheid dat ‘n aanklag van diefstal bygevoeg kan word,” het Ramaloko gesê.

Drank ter waarde van R100 000 is teruggevind.

Die mans sal na verwagting Donderdag in die Germiston-landdroshof verskyn. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.