Haelstorm verwoes Ceres-oes

Deel op
Ceres
Ceres

Boere in die Witzenberg-distrik – wat Ceres, Tulbagh, die Koue Bokkeveld, Wolseley en die vallei insluit – se drome van ’n goeie oes is verlede Vrydag deur ’n haelstorm verwoes.

Die Burger berig dat tussen R150 miljoen en R200 miljoen se skade in Ceres deur hael aan boere se appel- en peer-oeste aangerig is.

Dié bedryf dra sowat R3 miljard tot die ekonomie van die groter Ceres-gebied by, maar weens die oesskade gaan dit nou aansienlik minder wees, het Hannes Hanekom, voorsitter van die Ceres/Witzenberg-boerevereniging gesê.

Die meeste plase het tussen 50% en 100% skade gely.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.