Mosambiek stem sonder Renamo

Deel op

renamoStemmery in Mosambiek het grooliks vreedsaam verloop in gister se verkiesing te midde van spanning en sporadiese voorvalle van geweld wat die afgelope tyd tussen die regering en die opposisieparty Renamo voorgekom het.

Renamo het die verkiesing geboikot.

In sommige gebiede het ongerymdhede voorgekom en die Verkiesingskommissie het aangekondig dat die uitslag in die Nampula-provinsie in die noorde van die land teruggehou sal word weens ‘n fout op die stembrief.

Stemmery in die gebied sal herhaal word. In sommige gebiede het kiesers meer as een keer gestem of vertragings het voorgekom. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.