Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou

Deel op

tongaat3Die ondervoorsitter van Cosatu in KwaZulu-Natal, Beauty Zibula, het gevra dat regstappe teen die kontrakteurs van die winkelsentrum by Tongaat noord van Durban ingestel word.

Die Indiër-kontrakteurs se konstruksiewerk het inmekaargestort nadat werkers op die perseel aangedui het dat die beton nie “hard” was nie. Die werkers het ‘n gerammel soos donderweer gehoor, waarna die steierwerk meegegee het en daarna die drie betonvloere.

Minstens een persoon is dood en 29 beseer – waarvan ‘n aantal ernstig – toe die gebou ineengetuimel het.

Die Ethekwini Metro het gesê die stad het die Rectangle Property Investments van Jay Singh drie keer gewaarsku teen die voortsetting van die konstruksiewerk omdat geen bouplanne ingedien is nie.

Daar word beweer dat ‘n hofinterdik Vrydag op die maatskappy beteken is, maar dat hy dit geïgnoreer het.

Zibula sê dit is bewys dat die eienaars nie die werkers se veiligheid in ag geneem het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.