SA wil sanksies teen Zim-bloeddiamante opgehef hê

Deel op

blooddiamondsSuid-Afrika het Dinsdag betoog dat die VSA sy boikot op Zimbabwiese myne opskort en dié land se diamante verkoop – in navolging van die Europese Unie.

Welile Nhlapo van Suid-Afrika, die roterende president van die Kimberley-proses, het aangevoer Zimbabwe het “aanbeweeg” en dat die opheffing van die sanksies die land sal help om weer “stabiliteit en voorspoed” te behaal.

Die Kimberley-proses is die internasionale waghondliggaam wat die verkoop van sogenaamde “bloeddiamante” probeer stuit.

Die verbod teen Zimbabwe is ingestel omdat lande gemeen het diamantinkomste word gebruik om Zanu-PF te finansier.

Die gesprekke tussen die 81 lidlande duur tot Vrydag.

Die EU het sy sanksies teen die staatsbeheerde Zimbabwe Mining Development Corporation in September opgehef. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.