Man vas na tiener uit sesde verdieping val

Deel op
Hillbrow
Hillbrow

’n Man is in hegtenis geneem in verband met die dood van ’n tienerseun in Hillbrow, Gauteng, het die polisie Woensdag gesê.

“Die verdagte sal na verwagting binne 48 uur in die Johannesburgse landdroshof verskyn,” volgens konst. Carol Mulamu.

Hy is in hegtenis geneem nadat die sestienjarige Nyasha Johwa uit die sesde verdieping van ’n woonstel in Hillbrow geval het.

Volgens The Star is Johwa kaal in die bed saam met die verdagte se vrou betrap.

’n Woonstelmaat het aan die koerant gesê hy het die man hoor skree “S’febe uyajola! [Hoer, jy verneuk my!]”
Mulamu het gesê die polisie probeer vasstel of die slagoffer gespring het en of hy uit die gebou gestamp is. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.